Welkom by Sensako

SENSAKO (PTY) LTD is primêr betrokke in die teling en die kommersialisering van koring saad en bemark dit dan onder die Sensako handelsmerk. Ons visie is om graanproduksie en winsgewindheid te optimaliseer tot voordeel van graanproduseerders asook prosesseerders.

Ons koringteelspan bestaan uit ongeveer 60% van die senior koringtelers in Suid-Afrika, met meer as 100 jaar se gekombineerde ondervinding, wat ons dus die mees ervare span in die land maak. Die span is verantwoordelik vir 75% van die mees onlangse tydelike of finale koring kultivar vrystellings in Suid-Afrika. Sensako koring kultivars is ook verantwoordelik vir ongeveer 80% van alle koring wat tans in Suid-Afrika verbou word. 'n Sleutel komponent tot die groep se sukses is die uitstekende netwerke en verhoudings wat met ander internasionale koringteelprogramme opgebou is, waarvandaan nuwe en waardevolle kiemplasma op 'n gereelde basis verkry word.

Sensako se teelstrategie staan bekend as 'n gemodifiseerde stamboomtegniek, wat sekere sleutel teeltegnieke (dubbel-haploïed tegniek) asook moderne tegnologie inkorporeer om die sukses van die teelprogramme te verseker, molekulêre merkers word gebruik om gene koste effektief te volg, 'n hoë omset kwaliteitslaboratorium is ook beskikbaar om die analitiese effektiwiteit en kapasiteit te maksimaliseer. Die programme fokus daarop om diverse koring kultivars te produseer wat sal voldoen aan die hoofstroom asook nismark kwaliteit behoeftes in Suid-Afrika, deur sleutel karaktereienskappe te verbeter soos byvoorbeeld:- verhoogte opbrengs, aanpasbaarheid, stabilitiet, strooilengte, maal- en bakprestasie, asook siekteweerstand.

Sensako bemark tans 19 kommersiële kultivars in al drie die produksie segmente naamlik die besproeiing-, winter- en Kaapse produksieareas. Daar is boonop 'n totaal van onderskeidelik 9, 7 en 8 pre-kommersiële kultivars respektiewelik goedgekeur vir vrystelling ten opsigte van die besproeiing, winter en Kaapse segmente.


NUWE BESPROEIINGS KULTIVARS
SST 843 (2009)
SST 877 (2010)
SST 866 (2011)
SST 875 (2012)
SST 884 (2013)
SST 895 (2014)
SST 896 (2014)
NUWE WINTER DROELAND KULTIVARS
SST 356 (2009)
SST 347 (2010)
SST 387 (2012)
SST 374 (2012)
SST 316 (2013/14)
SST 317 (2013/14)
NUWE KAAPSE KORINGSAAD KULTIVARS
SST 047 (2009)
SST 056 (2011)
SST 087 (2014)

Kommersiële Hoofkantoor
Plumtree Singel 3, Cedar Lakes,
Cedar Road, Fourways, Randburg, 2055
Suite 261, Privaatsak X153, Bryanston, 2021
Tel: +27 (0)11 469-1191 • Faks: 086 633 6954
Sel: +27 (0)82 388-0199
Bethlehem Marné Navorsingsplaas
Marné Navorsingsplaas, Bethlehem, 9700
Posbus 556, Bethlehem 9700
Tel: +27 (0)58 303-4690
Faks: +27 (0)58 303-4768
Napier Marné Navorsingsplaas
Trade Straat, Napier, 7270
Posbus 133, Napier, 7270
Tel: +27 (0)28 423-3313
Faks: +27 (0)28 423-3969
Site : Langebaan
Trade Straat, Napier, 7270
Tel : 022 – 7721611
Faks : 022 – 7721611