Hoë olie bring ekstra geld in die sak
Sonneblom het al talle produsente in moeilike produksiejare gered. Omdat sonneblom baie aanpasbaar is ten opsigte van plantdatum en minder grondvog nodig het as ander gewasse om ’n redelike opbrengs te realiseer, is dit die ideale gewas wat gemaklik in somergraanprodusente se gewaspakkette inskakel. Sonneblom moet egter nie as ’n weeskind behandel word nie. Voedingstekorte in die vroeë groeistadiums kan nie later reggestel word nie en sal opbrengs aan die einde van die seisoen beïnvloed. Hoewel sonneblom dikwels op meer marginale lande aangeplant word, is dit noodsaaklik dat die nodige aandag aan bemesting geskenk word, sê Andries Wessels, produkontwikkelingsbestuurder by Syngenta.
Syngenta word allerweë beskou as die wêreldleier in sonneblomgenetika en met die samesmelting van Syngenta en Sensako, het Sensako direkte toegang tot topsonneblomgenetika bekom. Volgens Andries loop tegnologie soos ’n goue draad deur die maatskappy se aktiwiteite en kan die Suid-Afrikaanse sonneblomprodusent nou voordeel trek uit die nuutste genetika en hoë-oliekultivars met bykomende toleransie teen siektes en onkruiddoders.
Kultivars met hoë olie-inhoud
SY 3970 CL is een van hierdie nuwegenerasie-sonneblombasters. “Die toekoms van sonneblom lê in olie. In die verlede was die fokus altyd op opbrengs, met verwerkers wat aan die kortste ent getrek het. Die nuwe fokus is op kultivars met ’n hoë olie-inhoud en ons beplan om die mark te draai met hierdie nuwe hoë-oliebasters wat tot die verwerker en produsent se winsgewendheid bydra,” meen Andries.
Unigrain het die afgelope twee seisoene ’n projek saam met Sensako die lig laat sien wat die sonneblomwaardeketting voltooi en groot waarde vir die produsent inhou. Geakkrediteerde medewerkers kontrakteer produsente en help ook met produksie en logistiek. Produsente kan ’n premie van tot R2 000 verdien deur graan met ’n hoë olie-inhoud te lewer.
“Die huidige standaard vir olie-inhoud van sonneblomgraan is tussen 36% en 38%, maar met die nuwe Sensako-kultivar, SY 3970 CL, kan produsente tussen 42%- en 50%-olie realiseer. Aanplantings in die 2020-seisoen het oliepersentasies tussen 45,7% en 50,5% gelewer. Volgens Unigrain was die opbrengs in baie gevalle ook hoër as verwag,” sê Andries. SY 3970 CL is ’n sonneblomkultivar met hoë opbrengspotensiaal wat baie goeie droogtetoleransie bied. Die saailing groei kragtig en neem sowat 125 dae tot 130 dae om relatiewe volwassenheid te bereik en 69 dae tot 72 dae tot blom. Dié mediumgroeier word nie baie hoog nie en val dus nie maklik in winderige toestande om nie. Die stay green-eienskap van die stam help verder dat plante nie voor of tydens stroop omval nie.
Die plant vorm ’n baie goeie sekelnek aan die einde van die seisoen, met uitstekende pitvastheid. Die graankleur is swart. Die kultivar pas voortrefl ik aan in minimumbewerkingstelsels, maar is ook geskik vir konvensionele bewerking. Hoewel dit uiters goed doen op hoëpotensiaalgronde, is dit ook geskik vir lande met ’n laer potensiaal en is baie aanpasbaar wat grond en omgewing betref. Dit kan teen gemiddelde tot hoër plantpopulasies geplant word.
SY 3970 CL is toegerus met Clearfi eld-tegnologie vir die maklike beheer van breëblaar- en grasonkruide en die saad is met die beste saadbehandelingsprodukte op die mark behandel. Pieter Wessels van die Oos-Vrystaat het vanjaar vir die tweede keer SY 3970 CL geplant en gelewer. Met die kultivar kon hy ongeveer 10% meer olie as die standaard van 40% lewer en die premie wat hy vir die hoë oliepersentasie ontvang het, het dit vir hom die moeite werd gemaak om die kultivar te plant. Volgens hom het hy tussen R700 en R1 400/t ekstra vir die olie ontvang.
“In ons omgewing is die gemiddelde langtermynopbrengs vir sonneblom 1,5 t/ha. SY 3970 CL se gemiddelde opbrengs by my was ook 1,5 t/ha, maar op sekere gedeeltes kon ek tot 3 t/ha stroop. Die feit dat die saad noemenswaardig goedkoper as ander sonneblomkultivars is, maak dit die moeite werd. Dit toon baie goeie siekteverdraagsaamheid, veral teen Sclerotinia wat beteken dat ek my hele oes kon lewer en nie gepenaliseer is vir besmette graan nie. Boonop het dit vir my met lewering ’n goeie addisionele bonus in die sak gebring. Dit maak defi nitief op vir die klein bietjie opbrengs wat ek ingeboet het,” sê Pieter.
Ander eienskappe waarmee SY 3970 CL vir Pieter beïndruk, is die sekelnek aan die einde van die seisoen wat die voëlskade heelwat verminder. “Die stay green-eienskap hou die stamme langer groen terwyl die sonneblomkop normaal afdroog. Die plant het ’n beter weerstand teen omvalsiektes. Omdat die plante nie maklik omval nie, is daar min vermorsing wanneer ons stroop. Ons het ook minder droë stingels wat in die stroper vassit,” aldus Pieter.
Pieter beveel SY 3970 CL aan eerstens weens die prys wat hy ontvang vir graan van beter kwaliteit asook die oliepremie en dan ook die sekelnek, die stay green-eienskap van die stam, Sclerotiniaverdraagsaamheid en bogemiddelde opbrengs.
Kontak jou naaste Sensako- verkoopsverteenwoordiger vir meer inligting.