KNOWLEDGE CENTRE defBanner


Klem bly op vooruitgang

Krediet: Lanbouweekblad

Syngenta maak dit makliker vir die boer om kos te produseer en natuurlike hulpbronne volhoubaar te gebruik.

Met uitstekende navorsing en teling het die Sensako-handelsmerk die afgelope 60 jaar sy merk in die saadbedryf in Suid-Afrika gemaak. In die volgende paar jaar beoog Syngenta om voort te bou op hierdie reputasie en dit te rugsteun met ’n hernude klem op somergewasse.
Die maatskappy se groeistrategie vir somergewasse is daarop gerig om sy uitstekende koringbesigheid te ondersteun en sodoende meer opsies aan boere te bied.

Volgens mnr. Hendrik van Staden, eenheidshoof van Syngenta se saadafdeling in Afrika, konsentreer die maatskappy sterk op waardetoevoeging en op die handhawing van goeie verhoudinge met klante.
“Ek glo ook dat ’n produkreeks van gehaltesaad en -produkte nie net beter opbrengste verseker nie, maar dat dit ook ’n noodsaaklike bydrae lewer om produksiekwessies die hoof te bied. Goeie produkte, gekoppel aan goeie diens en kundige raad, maak dit vir boere makliker om kos te produseer en hulpbronne slim en volhoubaar te gebruik,” meen Van Staden.

Hy wys daarop dat Syngenta goedkeuring het vir die algemene beskikbaarstelling van die nuwe Viptera-geentegnologie wat weerstand bied teen Lepidoptera-plae by mielies, soos stronkboorders, herfskommandowurms en snywurms.
“Die eerste kommersiële mielieproewe met die Syngenta- geen is die afgelope seisoen wyd geplant en ons sien uit daarna om die resultate aan onsklante bekend te maak.” Syngenta werk ook nou saam met John Deere, veral ten opsigte van tegnologie.

NAVRAE: Web: syngenta.co.za

Download Article